Urantia Boek-Lesers SA


 

 

 ’n Beknopte Inleiding tot die Urantia Boek

Die Urantia Boek is ’n versameling van 196 Verhandelinge (hoofstukke) saamgebind in boekvorm, en tog, om dit as sulks te beskryf, is skaars voldoende; dit is veel meer as ’n blote boek om by ’n biblioteek te voeg. Die Urantia Boek bevat in die bladsye daarvan ’n Goddelike Openbaring wat gelykstaande is met die vleeswording van Jesus Christus (Jesus van Nasaret) meer as 2000 jaar gelede. Die Urantia Boek is die vyfde van vyf epogale (baie belangrike) openbarings – openbarings wat die mensdom behulpsaam is in sy soeke na God, uiterste Waarheid, Geestelike Skoonheid, en Goddelike Goedheid. Die Urantia Boek was voortgebring deur hoë hemelse persoonlikhede en voltooi in 1934. Die boek was vir die eerste keer gepubliseer deur Urantia Foundation in 1955. Die outeurs van Die Urantia Boek is ’n veelsoortige versameling van heelal persoonlikhede wat wissel van wesens byna net soos God, tot engele en ’n uitgebreide menigte van ander persoonlikhede. Die konsepte in Die Urantia Boek is nie almal nuut nie; baie is ontleen vanuit die hoogste aardse wysheid, en vir ons gerangskik in ’n oortuigende en verwerkbare manier, tesame met ’n ontsaglike hoeveelheid nuut geopenbaarde (voorheen onbekende) kennis.

Om epogale openbaring te kan verstaan, moet ’n mens die gesteldheid van die Aarde en die geskiedenis daarvan begryp soos gestel teenoor die openbaring van die ganse Skepping. Met dié doel, begin Die Urantia Boek met die Skepper van alles, Die Universele Vader, en gaan dan voort vanaf hierdie liefdevolle God van Persoonlikheid, tot by die verre begin van tyd, ruimte, en materie, waarvan die Aarde (Urantia) maar slegs ’n baie klein deeltjie is. Die ganse Skepping, die totaliteit van die Groot Heelal, word hier aan die mensdom geopenbaar, en daardie verhaal kan gelees word in Deel 1 en Deel 2 van die boek. Deel 3 verbeeld die geskiedenis van lewe op die aarde sedert die oorsprong daarvan meer as vier en ’n half miljoen jaar gelede. Dit speur die verhaal van menslike bestaan na vanaf die geboorte van die eerste twee menslike wesens, Andon en Fonta, bykans 993,500 jaar gelede. Buiten die uitstipping van ons fisiese evolusie, beskryf hierdie afdeling die ontwikkeling van die beskawing, industrie, regering, godsdiens, en gesinslewe. Die opgawes van menslike verdrukking en vooruitgang dui aan dat ons op weg is na ’n beter wêreld. Sommige van die mees lewensveranderende geestelike leringe kan gevind word in Deel 3. Deel 4 is ’n inspirerende biografie van die lewe van Jesus. Hierdie 775-bladsye relaas strek oor sy lewe vanaf sy geboorte in Betlehem, tot by sy dood in Jerusalem. Die outeurs beskryf sy kinderjare, sy tienerjare, sy reise en avonture, en sy fassinerende episodes van persoonlike en openbare bediening.

Deel 1. Die Sentrale en Superheelal:

Die een-en-dertig Verhandelinge van Deel I is ’n openbaring van God en Sy oorspronklike en volmaakte skepping, die Sentrale Heelal. Dit sluit in ’n inleiding tot die uitgestrekte en uiteenlopende persoonlikhede van die skepping, en hulle allerbelangrike rol in die ewige loopbane van sterflinge soos jy en ek. Ons leer aangaande God as ’n persoonlikheid, en die waarde van elke individu in die bewussyn van God. Ons leer dat: “die tallose menigte van planetêre stelsels almal gemaak was om uiteindelik bewoon te mag word deur baie verskillende soorte intelligente skepsels, wesens wat vir God mag ken, die goddelike toegeneentheid mag ontvang, en Hom op hulle beurt  mag liefhê.” In Deel 1, is enkele dinge waaromtrent jy sal leer, wié God is, en wáár God woonagtig is; van waar die heelal ontstaan het, hoe dit georganiseer word, waarheen dit op pad is, en hoe jy daarin pas; ’n begrip omtrent die talle soorte wesens wat die heelal bewoon; ’n kykie in jou lewe na die dood, en vele meer. Nadat Deel 1 van die Urantia Boek gelees is, word daar gewaarborg dat jy baie meer omtrent God sal weet wat jy ooit tevore van bewus was. Hierdie leringe help jou nie alleen om meer omtrent God te wete te kom nie, maar ook om God te mag ken as jou hemelse Vader.

Deel 2. Die Plaaslike Heelal:

Deel II vertel die verhaal van ons plaaslike heelal, bekend as Nebadon, deel van die Sewende Superheelal wat wentel rondom die Sentrale Heelal en die Paradys. Hierdie plaaslike heelalle is die handewerk van die Skepper-Seuns van God, ook bekend as Migael-Seuns. Hierdie Seuns is die verteenwoordigers van God aan die sterflinge van die skepping. Ons leer aangaande die plaaslike heelal administrasie en hemelse regering wat dié deel van die heelal beheer waarin ons lewe. Ons wêreld, Urantia, behoort aan ’n plaaslike heelal waarvan die soewereine leier, Migael van Nebadon, is. 2000 jaar gelede het hierdie einste leier van 10,000,000 bewoonbare wêrelde op die aarde gelewe as die Seun van God en die Seun van die Mens, bekend aan hierdie wêreld as Jesus van Nasaret. In hierdie vyf-en-twintig Verhandelinge, word die bestygingsloopbaan vir die mensdom geopenbaar, en ons word meegedeel omtrent die mensdom se aangrypende ewigheidsbestemming. In Deel II sal jy enkele dinge leer omtrent Wié Jesus was voordat hy op die Aarde gelewe het, waar hy tans woon, en hoe Hy jou lewe raak regdeur die ewigheid; hoe die plaaslike heelal bestuur word en sterrekundig georganiseer is; Die aard en rol van hemelse persoonlikhede, insluitend jou beskermengele; Wie Satan en Lucifer is, en wat plaasgevind het tydens die Lucifer-opstand; Waarom die aarde in ’n worstelstryd van verwarring verwikkeld is; Hoe menslike lewe op gevorderde wêrelde daar uitsien; Waarheen jy gaan na die dood en wat gebeur na jou opstanding; Hoe jy geliefdes en vriende sal ontmoet in die volgende wêrelde; en vele meer.

Deel 3. Die Geskiedenis van Urantia (die Aarde):

Deel III vertel die verhaal van ons planeet, Urantia. In die verre verlede, in die dae van heelal organisasie en formasie, het sekere planete geskik geraak vir lewe. In die daaropvolgende eras, was die vordering van sodanige planete gekontroleer, en, wanneer die tyd geskik was, was lewe na die onderskeie wêrelde gebring en ingeplant. Die baie lang ontwikkeling van ons planeet, die evolusie van planetêre lewe en menslike beskawing word histories openbaar in die opwindende bladsye wat hierdie drie-en-sestig Verhandelinge saamstel in die boek. Ons leer ook omtrent die Goddelike tegniek waarvolgens God Sélf woon saam met sterflike mense deur middel van die bediening van Gedagterigters, in werklikheid fragmente of brokstukkies van God die Vader sélf, wat inwoon binne-in elke persoon se bewussyn, ten einde ons behulpsaam te wees en te rig regdeur ons lewe in die vlees, en daarna. In Deel 3 sal jy enkele dinge leer aangaande: ’n Wetenskaplike verduideliking van die oorsprong van ons sonnestelsel en ons wêreld; Die stadiums van ’n goddelik gerigte evolusionêre proses; die tydperke van visse, voëls, dinosourusse, en primate; Hoe en waarom menslike lewe op die aarde ontwikkel het; die verhaal van die eerste twee menslike wesens; die oorwinnings en tragedies van Van, Amadon, Adam en Eva, Melgisedek, Abraham, Moses, Lao-tse, Confucius, en ander helde  van ons planetêre geskiedenis; die opkoms en ondergang van antieke beskawings soos die Tuin van Eden; die droewige jare van die Lucifer-opstand; die evolusie van regering en die weg tot wêreld vrede; beginsels vir suksesvolle huwelike en gesonde gesinne; hoe persoonlike godsdiens vir jou blywende geluk kan meebring; hoe die inwonende Gees van God werksaam is om jou ewige oorlewing te verseker; hoe om meer effektief te bid en te áánbid; en hoe om te kan uitstyg bo boosheid en lyding.

Deel 4. Die Lewe en Leer van Jesus

Die laaste sewe-en-sewentig Verhandeling van Deel IV van Die Urantia Boek openbaar ’n jaar ná jaar verslag omtrent die lewe en leer van Jesus, wat insluit  kinderjare, jeug, tienerjare, wêreldreise, beroepe, gesinslewe, en  persoonlike en openbare bediening. Teen die agtergrond van die eerste drie dele van die boek, dek hierdie verbasende relaas die lewe van Jesus – vanaf  besluit om hierdie monumentale sending na die aarde te onderneem, heelpad tot by  dood aan die kruis en  glorieryke opstanding vanuit die graf. Nêrens anders kan ’n mens ooit hoop om só ’n volledige en versadigde uitbeelding te vind van die lewe van Jesus nie. In ’n bykans dag tot dag relaas, word die lewe van die Meester openbaar gemaak, en Sy reddende boodskap van die Vaderskap van God en die broederskap van die mens is opnuut geopenbaar om weer eens te lig te laat skyn op hemelse waarheid op hierdie worstelende wêreld wat verduister is deur sonde en opstand. Vandag, meer as ooit tevore, bly die godsdiens van Jesus aktueel en tersaaklik, en is dit bestem om één dag ons planeet te herstel.

Die Jesus-biografie is die klimaks, die gepaste slotsom van die Urantia-openbaring. Jesus se lewe en voorskrifte, in hulle oorspronklike vorm, vry van tradisie en dogma, is by ver die grootste moontlike hulp wat die morele mens kan hê in sy eeue-lange klim na die Paradys. “Die groot verwagting van Urantia is gesetel in die moontlikheid van ’n nuwe openbaring van Jesus, tesame met ’n vergrootte aanbieding van  reddende boodskap wat die talryke families van  teenswoordige belydende navolgers geestelik sal verenig in liefdevolle diens.” “Die tyd is ryp om die simboliese opstanding te aanskou van die menslike Jesus, vanuit Sy graf te midde van die teologiese tradisies en die godsdiens dogmas van negentien eeu ... Wat ’n voortreflike diens as, deur middel van hierdie openbaring, die Seun van die Mens vanuit die graf van tradisionele teologie herwin kan word en voorgehou kan word as die lewende Jesus aan die kerk wat Sy naam dra, en aan alle ander godsdienste!” “Wat ’n ontwaking sou die wêreld tog nie kon ervaar as dit slegs kon aanskou hoedat Jesus werklik op die aarde gelewe het, en eerstehands kon kennis dra van Sy lewe-gewende leringe!”

Terwyl Die Urantia Boek se uitbeelding van Jesus oor die algemeen ooreenkom met die Bybel, is dit uniek, gepak met nuwe inligting en vars insigte. Die gedetailleerde uitbeelding van Jesus beklemtoon die godsdiens van Jesus, eerder as die godsdiens omtrent Jesus. As jy vir Jesus liefhet soos uitgebeeld in die Bybel, sal jy ’n selfs groter bewondering en begrip verkry omtrent Sy lewe en leer in Deel IV van Die Urantia Boek. Enkele waarvan jy sal leer in Deel 4 van Die Urantia Boek is die verlore jare van Jesus se lewe; die ontydige dood van Jesus se vader; Jesus, waar Hy behulpsaam is met die grootmaak van  sewe broers en susters; Rebekka se huweliksaanbod; Jesus se werk as skrynwerker, skeepsbouer, skrifgeleerde, onderwyser, en karavaanleier; Sy reise na Egipte, Rome, en die Kaspiese See; Sy lewe saam met die apostels; verhale omtrent die honderde mense vir wie Jesus gehelp het; genesing van siekes; die donker dae wat die kruisiging vooraf gegaan het; Jesus se opstanding en verskynings; die krag van die Gees van Waarheid; en die geheimenisvolle aard van die menslike en goddelike Jesus.

Slotsom:

Die Urantia Boek is die vyfde uiters belangrike Openbaring vir ons wêreld in ons bykans eenmiljoen jaar van menslike geskiedenis. Hierdie kragtige nuwe baken van Waarheid, Skoonheid en Goedheid aan die mensdom – wat ’n God van liefde openbaar – ’n Hemelse Vader van die ganse mensdom, sal een dag die wêreld verlig. Alle ander epogale openbarings was in die vorm van persoonlikhede; hierdie vyfde openbaring is in boekvorm, en is ontwerp om regdeur die wêreld te versprei vir die volgende duisend jaar, terwyl dit ons weg verlig, ons inlig omtrent ons ontwikkeling, en ons gang deur hierdie aardse lewe vertroos tot binne-in die ewigheid sélf. Die tyd het aangebreek vir die mensdom om nuwe geestelike leringe te vind wat ooreenstem met ons intellektuele en industriële vooruitgang. Die tyd het aangebreek om vooruit te tree uit die godsdienste van die verlede en die hoop van die ganse mensdom binne te tree, ’n God vir almal, en ’n godsdiens só persoonlik en kragtig dat dit die hele wêreld sal omskep. Laat die Urantia Boek jou gids wees.

Make a Free Website with Yola.