Die Urantia Boek


Belangrike Urantia Boek Definisies  

Absoluut: "Die absolute vlak is sonder begin, eindeloos, tydloos, en ruimteloos.” Die absoluut transendeer tyd, ruimte, oneindigheid en ewigheid, en transendeer selfs die Alleruiterste.

Absoniet: Dit mag help om te dink aan absoniet as halfpad tussen absoluut en eindig. “Die absoniete werklikheidsvlak is gekenmerk deur dinge en wesens sonder begin of eindes en deur die transendensie van tyd en ruimte. Absonieters is nie geskape nie; hulle kom voor – hulle is bloot eenvoudig.” Maar aangesien hulle “dinge en wesens,” is, beskik hulle oor perke, of kante,grense,of some, en is sodoende sub-oneindig. Sien eventueer.

Adamiete is die geslagte wat afstam van Adam en Eva, die draers van die pers-bloed. Die Adamitiese kultuur was gesentreer op die terrein van die tweede tuin, by die aansluiting van die Tigris en Eupfrat riviere in Mesopotamië, en het vandaar regoor die wêreld versprei, veral na Egipte, Europa en Indië.

Adamson of Adamseun was die eersgebore seun van Adam en Eva en die eersgeborene van die violet-ras. Hy het ’n sekondêre kulturrsentrum gestig, noord van die tweede tuin. Hy het met Ratta in die huwelik getree, ’n bomenslike nakomeling van die Prins se personeel, en saam het hulle sewe-en-sestig kinders voortgebring. Elke vierde kind was onsigbaar gewees, en toe wanneer hierdie onsighbare kinders gepaar het, het hulle die sêkondere middeweërs voortgebring. Adamseun het vir 396 jaar gelewe.

Adamsoniete was die afstammelinge van Adamseun. Hulle het ’n kultuur in stand gehou vir byna seweduisend jaar, noord van die tweede tuin, oos van die suidelike kus van die Kaspiese See naby die Kopet Gebergtes.

Adam en Eve is die Materiële Seun en Dogter wat na ons planeet, Urantia, gekom het ongeveer 37,000 v.C. Dit was hulle sending gewees om die evolusionêre volke van hierdie wêreld te onderrig, en, deur hulle nageslag, om hulle met hulle pers-bloed te verbeter. As gevolg van Eva se ongeduld was die sending slegs gedeeltelik suksesvol, en sommige van die Sangik-rasse het bitter min van die pers bloed ontvang. Adam en Eva was die tweede epogale
openbaring
aan Urantia. Sein Adamiete, Adamseun en Openbaring.

Andiete was ’n magtige ras wat ’n mengsel was van die suiwere lyn Adamiese pers ras en die Nodiete plus die evolusionêre volkere. “Hoofsaaklik word die term Andiet gebruik om daardie volke aan te dui wie se rasse erfenis vanaf een-agste tot een-sesde pers was.” Die Andiete het hulle oorsprong gehad in Mesopotamië en het floreer om en by begin 15,000 v.C.

Andon en Fonta was die eerste twee werklike menslike wesens op Urantia, die grondleggers van die menslike ras. Hulle het skielik ontwikkel, omtrent een miljoen jaar gelede, en was as ’n tweeling gebore vir middel-soogdier primaat ouers. Met hulle verskyning was Urantia geregistreer as ’n bewoonde planeet. Andon en Fonta was ware vrywil skepsels, en die eerste om taal en vuur in te span.

Andoniese volke is dié wat van Andon en Fonta afgestam het en is die menslike stamvolk van Urantia. Die suiwerste nakomeling van die eertydse Andoniese stamme wat vandag op Urantia bestaan, is die
Eskimos


Caligastia was die Planetêre Prins van Urantia, na Urantia gestuur vergesel van ’n groot personeel 500,000 jaar gelede, gelyktydig met die verskyning van die Sangik rasse. Die heerskappy van die Prins het die eerste epogale
openbaring aan ons planeet voorgestel..Vir 300,000 jaar het Caligastia goed gedien, en die evolusionêre rasse gerig, maar hy het uitgewyk gedurende die Lucifer Opstand, en sodoende die planeet in verwarring en agterlikheid gedompel. Sien Openbaring.

Skepper-Seuns is die skeppers van die 700,000 plaaslike heelalle. Hulle is afkomstig uit die eerste en tweede persone van die Triniteit, die Universele Vader en die Ewige Seun. Elkeen is uniek. Daar is presies 700,000 Migaels. Ons Skepper-Seun is Migael van Nebadon.

Dalamatia was die hoofkwartier van die Planetêre Prins wat ongeveer 500,000 jaar gelede gestig was in die distrik wat ooreenkom met die latere Mesopotamië. Dit was die wêreldsentrum vir kultuur en was uitgelê in tien onderafdelings, ingesluit tussen mure wat ongeveer veertig voet hoog was. Na die planetêre opstand rondom 200,000 v.C., het dit onder die waters van die Persiese Golf weggesink.

Daligastia was ’n Sekondêre Lanonandek-Seun en die hoof-metgesel van Caligastia, die Planetêre Prins. Albei het oorgeloop tydens die Lucifer Opstand. Dalamatia was vernoem ter ere van Daligastia.

Eden was die pragtige hoofkwartier van Adam en Eva, gevestig rondom 35,000 v.C. Dit was geleë op ’n skiereiland in die oostelike Mediterreense See, en geskei van die hoofkontinent deur mure en ’n grag. “Aan die buitekant het die wêreld in duisternis, onkunde, en barbaarsheid, gehul gelê. Eden was die een ligpunt op Urantia; dit was uiteraard ’n droom van lieflikheid, en baie gou het dit ’n gedig geword van uitnemende en vervolmaakte landskap-heerlikheid.” Eden het uiteindelik weggesink, wat aanleiding gegee het tot die tweede tuin, in die oorste, tussen die Tigris en Eufrat riviere.

Edentia is ’n pragtige argitektoniese wêreld (gekonstrueerde wêreld), en die hoofwêreld van ons konstellasie van Norlatiadek, wat ’n potensiële 100,000 bewoonde planete bevat. Die “tuine van Eden” wat op die individuele planete gevestig is deur die planetêre Adams en Evas, is vernoem na hierdie sfeer.

Eugenetiek of Rasverbetering is die studie van die verbetering van die menslike ras deur middel van selektiewe voortplanting, dit wil sê, aanmoediging van die vermeerdering van die hoër afkoms van alle rasse, terwyl die voortplanting van die taer tipes beperk word. Dit is afkomstig van die Griks eu, en beteken goed, en genos, wat ras beteken.

Eventueer beteken bloot om te wees; nie om geskep te word nie, nie om te ontwikkel nie, maar eenvoudig óm te wees of te bestaan. “Jy, as ’n skepsel ... kan nouliks begryp ... intelligente wesens wat nóg Skeppers, nóg skepsele is.” Sekere dinge en wesens “skep nie wesens nie, nóg was hulle geskape.” Hulle kom of spruit eenvoudig voort.

Evolutionêr dinge groei en ontwikkel; geleidelik, gestadig, trapsgewys te ontwikkel AVW. Die Allerhoogste Wese is evolusionêr en eksperimenteel, in teenstelling met die Universele Vader wie eksistensieël is. Die mensdom se godsdeinste is evolusionêr, in teenstelling met die Urantia Boek, wat openbarend is. Die ontwikkeling van hoërdiere en die mens, vanaf eenvoudige eensellige kreature, was ’n evolusionêre proses.

Eksistensieel dinge is bloot eenvoudig; wat op die bestaan betrekking het; die lewe as werklik AVW. Die Ongekwalifiseerde is eksistensieel, terwyl die Alleruiterste eventueer, en die Allerhoogste evolueer proefondervindelik.

Ervaringsgewys of Proefondervindelik beteken om ondervinding te hê, wat bestaan in tyd en ruimte inmpliseer, eerder as oneindigheid en ewigheid. Die Allerhoogste Wese is die ervarings- of Proefondervindelike aspek van die Godheid.

Fandors was groot passiersvoëls, wat nie meer bestaan nie, wat so onlangs as 37,000 jaar gelede op die aarde gelewe het in die dae van Adam en Eva. Hulle kon een of twee passasiers op hulle rugge dravir 800 km sonder om te verpoos.

Vervolmaaktes of Voleinders verteenwoordig die finale fase en verhewe bestemming van sulke nederige skepsels soos onsself. Ná ons eeue lange opklimmingsloopbaan en ons uiteindelike bereiking van die Universele Vader, bereik ons status as voleinders en sal vreugdevol aansluit by die korps van die voleinders of vervolmaaktes vir hoër diens op die buite ruimtelike vlakke. Voleinders is verheerlikte sterflike opklimmers, die beproefde en ware pelgrims van tyd en ruimte.

Eindige dinge beskik oor perke. Sewehonderd triljoen, byvoorbeeld, (die getal potensiële wêrelde in id Groot Heelal) is ’n eindige getal. Sien Oneindige>

Fonta was die suster van Andon, en tesame was hulle die ouers van die evolusionêre mensdom. Sien Andon en Fonta.

Frandalanke funksioneer uitsluitlik as lewende en outomatiese teenwoordigheid, druk, en snelheidsmeters. Hulle is nie persoonlikhede nie; nietemin is hulle intelligent. “Ons is grootliks beperk sover ons kennis strek omtrent hierdie wonderlike entiteit aangesien ons nie met hulle kan kommunikeer nie. Dit kom voor asof hulle die taal verstaan van die gebied, maar hulle kan nie met ons kommunikeer nie. hulle blyk ten volle in staat te wees om ons kommunikasies te ontvang, maar geheel en al kragteloos om ’n respons te maak.

Gabriël was die eerste skepping en hoogste gees
persoonlikheid wat deur ons plaaslike heelal Skepper-Seun, Migael, geskep is, in samewerking met die plaaslike heelal Moeder Gees. Hy is ”’n wese van onvergelyklike veelsydigheid en ongekende briljantheid.” Ook bekend as “Die Blink en Morester,” is Gabriël nie ’n skepper nie, maar hy is ’n uitnemende administrateur.

Ganid was die Seun van ’n welgestelde Indiese koopman. Sien Gonod.

Gonod was ’n welgestelde Indiense koopman met wie Jesus saamgereis het na die belangrike stede van die Mediterrense wêreld gedurende sy 28ste en 29ste lewensjare terwyl hy diens gedoen het as leermeester vir Gonod se Seun, Ganid, en as ’n interpreteerder.

Havona is soortgelyk aan julle idee van die hemel. Havona is die ewige sentrale Heelal, wat bestaan uit een biljoen wêrelde, gerangskik in sewe konsentriese sirkels. Hierdie biljoen wêrelde sirkel om die Paradys, en die een-en-twintig gewyde sfere. Ons pelgrims van die tyd en ruimte sal uiteindelik elkeen van hierdie biljoene enorme, volmaakte, unieke wêrelde besoek, op ons weg na die Vader op die Paradys.

Inkarnasie is die geheimnisvolle proses waarvolgens die gees van die mens of God die sterflike vlees bewoon.

Oneindige dinge het geen perke nie. Onbeperkte afstand of getal is altyd oneindig. Onbeperkte tyd word ewigheid genoem. Ons is eindige wesens, en kan nie werklik begin om die oneindigheid of ewigheid te begryp nie. Soos God, wat oneindig en ewig is, moet ons bloot eenvoudig hierdie onbeperkte werklikhede in die geloof aanvaar.

Jerusem is die hoofkwartier van ons plaaslike stelsel van Satania. Dit is die eerste van baie hoofsfere wat deur ons besoek sal word gedurende ons opklimming na die Paradys. Ons bereik Jerusem nadat ons die sewe Woningwêrelde deurkruis het.

Jesus was die Seun van God en die Seun van die Mens, die inkarnasie op aarde van Christus Migael, ons heelal skepper. Sy aardse naam was Jesus, of meer akkuraat, Josua ben Josef. Hy was gebore op 21 Augustus, 7 v.C. Hy het gelewe, onderrig, en was gekruisig, gestorwe en opgewek uit die dood, en het aan baie verskyn. Sy lewe op aarde het die vierde epogale openbaring vir Urantia saamgestel.

Jesusoniaan, soos onderskei van Christen, benadruk die lering van Jesus, eerder as die lering omtrent Jesus. Ongelukkig het die godsdiens omtrent Jesus grootliks die godsdiens van Jesus vervang, die eenvoudige evangelie van geloofsvertgroue en liefde, die vaderskap van God en die broederskap van die mense.

Lanonandek-Seuns is engele van ’n hoër orde, maar nie so verhewe soos die Melgisedeks nie. Hulle funksioneer as stelselsoewereine. Lucifer en Satan was Lanonandeks.

Lucifer was ’n briljante engel wat teen God in opstand gekom het. Voor sy val was hy Soewerein gewees van ons plaaslike stelsel van Satania, vernoem na sy hoof-assistent, Satan. Lucifer het ongeveer 200,000 jaar gelde gerebelleer, en Urantia en die meeste van Satania in verwarring en wanhoop ingelei. Sedert die rebellie is Urantia onder kwarantyn geplaas. Lucifer en sy handlangers is reeds vir ’n baie lang tyd teruggehou, en het nie langer meer enige mag om siele weg te lei nie, hetsy mense of engele.

Magiventa Melgisedek was die verhewe geeswese wat aan Abraham verskyn het in 1983 v.C. en het onderrig in die één God. Magiventa Melgisedek het die derde epogale openbaring na ons planeet gebring.

Majeston is die hoof van reflektiwiteit en woon naby die Paradys sentrum van alle dinge. Hy is ’n werklike persoon, geskape in die daeraad van die tyd, deur die Allerhoogste Wese.

Woningwêrelde is die eerste plekke waarheen ons gaan wanneer ons hierdie lewe verlaat. Hulle bestaan uit die sewe klein satelliete wat wentel rondom die eerste van die sewe oorgangswêrelde wat rondom Jerusem, ons stelselhoofwêreld, wentel. Ons word op die eerste Woningwêreld opgewek, bekend as Mansonia Nommer een.

Melgisedeks behoort tot die hoogste van die vier ordes van die Plaaslike Heelal Seuns van God. Hulle doen dikwels diens as onderrigters. Die Vader Melgisedek is Gabriël se eerste assistent.

Middeweërs is wesens wat halfpad is tussen die engele en mense. Hulle is die permanente burgers en ware toesighouers van ons planeet. Primêre middeweërs lyk meer op engele as sterflinge, en was voortgebring deur die korporele personeel van die Planetêre Prins. Sekondêre middeweërs is baie meer soos mense en het Noditiese en Admamitiese voorsate. Middeweërs het mag oor materiële dinge insluitende diere. Sien Adamseun.

Migael van Nebadon is die Skepper-Seun van God wat ons plaaslike heelal van Nebadon geskep het. Na Hom word ook verwys as Christus Migael, of eenvoudig Migael. Daar is 700,000 Migaels.

Morontia is oorgangsfase tussen die fisiese en die geestelike. Jesus was in sy morontia liggaam gedurende sy negentien opstandingsverskyning aan sy apostels en ander gelowiges. Jy sal ’n morontia wese word wanneer jy op die Woningwêreld aankom, onmiddelik na jou opstanding uit die sterflike dood. Jou morontia liggaam sal 570 maal verbeter word voordat jy finaal vertrek vanuit die plaaslike heelal as ’n eerste-fase geeswese op jou opklimmingsreis na die Paradys.

Nebadon is ons plaaslike heelal, een van 700,000 soortgelyke skeppings in die groot heelal. Dit is die skepping en die gebied van Christus Migael, wat hier op aarde ’n lewe in die vlees as Jesus gelei het. Nebadon beskik oor ’n potensiaal van tien miljoen bewoonde planete, gegroepeer en geadministreer in 100 konstellasies elk met 100 stelsel van 1,000 werelde elk. Sien Michael of Nebadon.

Nodiete was die nakomelinge van die sestig rebelse lede van Caligastia se personeel wat, onder leierskap van Nod, noord en suid migreer het na die val van Dalamatia. Sien Andiete en Middeweërs.

Orvonton is een van die sewe superheelalle van tyd en ruimte wat wentel rondom die Paradys-Havona stelsel. Dit bevat 100,000 plaaslike heelalle, insluitend Nebadon. Uversa is die hoofwêreld daarvan. Sien Uversa en Heelal tipes.

Paradys is aan die sentrum van alle dinge, en is die grootste liggaam van georganiseerde werklikheid in die ganse kosmos. Dit is die stilstaande eiland, en neem nie ruimte in beslag nie, maar genereer alle ruimte. Die Paradys is ewig, sonder begin of einde. Die Paradys is die woonplek van die Universele Vader, en die oorsprong van die Paradys-Skepper-Seuns. Die Paradys is ook die bestemming van opklimmende tyd-ruimtelike skepsels soos onsself.

Openbaring: God openbaar homself deurentyd op verskillende maniere. Die onderskeie “heilige” geskrifte van die verskillende wêreldgodsdienste is nie altyd betroubaar as openbaring nie. Daar was vyf openbarings aan ons planeet van epogale (’n baie groot en lang termyn) betekenis. 1. Die Dalamatiese Leringe, 500,000 jaar gelede, wat gebring is deur die Planetêre Prins, Caligastia. 2. Adam en Eva, die Edenise leringe, 37,000 v.C. gebring deur Adam en Eva, ’n Materiële Seun en Dogter van God. Sien Adam en Eva. 3. Die Salem Leringe, 1983 v.C., gebring deur Magiventa Melchizedek, aan Abraham. 4. Die lewe en leer van Jesus, gebore in Bethlehem, die inkarnasie van Christus Migael. 5. Die Urantia Boek, 2097 bladsye, voltooi in 1935, en gepubliseer in 1955 deur Urantia Stigting, Chicago.

Salvington is die ontsaglike en wonderbaarlike hoofwêreld van ons plaaslike heelal van Nebadon en die persoonlike hoofkwartier van Christus Migael. Dit is omring deur tien klusters bestaande uit argitektoniese wêrelde, wat elkeen 49 sfere bevat. Ons sal elkeen van hierdie 490 satelliete besoek voordat ons die teenwoordig bereik van Migael, op Salvington, waarvandaan ons vertrek as eerste fase geeswesens op ons voortdurende lang opklimming op weg na die Paradys.

Sanobyn is ’n tipe engel, ’n laer orde as die serafyne.

Satania is die naam van ons plaaslike stelsel van meer as 600 bewoonde wêrelde. Dit is na Satan vernoem, die eerste asssitent van Lucifer, wie die Stelsel Soewerein was ten tyde van die opstand 200,000 jaar gelede. Satania se hoofwêreld is die wonderskone Jerusem. Volgend op die sterflike dood, word ons opgewek op die eerste Woningwêreld, ’n satelliet van Jerusem.

Sangik rasse is die ses gekleurde rasse wat gemuteer het vanuit ’n enkele paar Andoniese ouers in noordwes India ongeveer 500,000 jaar gelede. Van die primêre Sangiks, het die geel die rooi forseer uit Asië na Noord-Amerika, 90,000 jaar gelede via die Bering landbrug, terwel die bloue vir Europa beset het. Vanuit die sekonde sangiks het die indigo Afrika beset, terwyl die groen en oranje grootliks uitgewis was, het sommige van hulle oorblyfsels in Indië en Noord-Afrika geabsorbeer geraak. Sien Adam en Eva, en Caligastia.

Spornagia is ’n groep fisiese skepsele gewy aan die onderhoud en kultivering van die materiële fases van die hoofkwartierwêrelde , vanaf Jerusem tot by Salvington. “Spornagia is nóg geeste nóg persone; hulle is ’n diere bestaansorde, maar as jy hulle kon sien, sou jy saamstem dat hulle volmaakte diere blyk te wees.”

Supernafyne is hooggeplaaste engele, hoër as die serafyne. Die woord “superrafyns” verwys na supernafyne, net soos wat serafyns verwys na serafyne.

Allerhoogste Wese: Hierdie aspek van God lewe en groei. Die Allerhoogste Wese is die evolusionêre en proefondervindelike manifestasie van die Godheid. Ons dra by tot die evolusie van die Allerhoogste deur ons besluite, en liefdevolle verhoudings. Die Allerhoogste sal in algehele majesteit krag-personaliseer tydens die toekomstige vestiging van die ganse Groot Heelal in Lig en Lewe.

Gedagterigters is brokstukkies van die oneindige Universele Vader. ’n Gedagterigter is in elkeen van ons woonagtig. Dit staan ook bekend as die Rigter, Vader Fragment, Monitor, of Geheime Monitor. Rigters is volmaakte gidse, wat poog om ons keuses te vergeestelik en om ons Godwaarts te lei. Sodra die opperste besluit geneem word om ons wil toe te wy aan die verrigting van God se wil, is samesmelting met ons Rigter verseker. Werklike versmelting met ons Gedagterigter vind normaalweg plaas na die dood, op die vierde of vyfde Woningwêreld. As enigiemand met sy Rigter sou versmelt terwyl hulle steeds op die aarde is, sou so ’n persoon onmiddelik verdwyn in “vuurwaens.”

Triniteit: Die Paradys Triniteit bestaan uit die Universele Vader, die Ewige Seun, en die Oneindige Gees. Die Vader onderhou die ganse skepping, die Seun hou verband met persoonlikheid, en die Gees met bewussyn of verstand.

Alleruiterste, Ultiem (Ultimate): "God die Alleruiterste of Allerlaaste impliseer die bereikte vervulling/verwerkliking/verwesentliking van die gesintetiseerde absoniet-superpersoonlike, tyd-ruimtelik-getransendeerde, en voortspruitend-eksperimentele waardes, gekoördineer op finale skeppende vlakke van Godheid-werklikheid.” (Moet jou nie hieroor bekommer nie, ons begryp dit ook nie.) Die Engelse Ultimate beteken in Afrikaans, as naamwoord: grondbeginsel; uitkoms; slot; uiterste; (figuurlik: toppunt). As ’n byvoeglike naamwoord beteken dit: uiteindelik, finaal, eind=, uiterste, laaste; fundamenteel, primêr. Die Nederlandse vertaling weer gee dit as ultiem. Dus kan ons hierdie begrip weer gee as finaal. En dit suggereer die finale vlak van werklikheid, net voor Absoluut.


Heelal Tipes 1. Plaaslike Heelal: Daar is 700,000 plaaslike heelalle in die Groot Heelal. Elkeen besik oor die potensiële 10,000 bewoonde wêrelde. Ons plaaslike heelal is Nebadon, die gebied van Migael.

2. Superheelalle: Daar is sewe superheelalle, elk met 100,000 plaaslike heelalle. Ons heelal staan bekend as Orvonton, en wanneer ons die Melkweg sien, dan aanskou ons die kern van Orvonton.
3. Sentrale Heelal: Dit bestaan uit Havona, die 1 biljoen wêrelde wat rondom die Paradys sirkel, sowel as die Paradys sélf asook 21 gewyde sfere.
4. Groot Heelal: Die sentrale heelal plus 7 superheelalle.
5. Meester Heelal: Die ganse skepping,  die groot heelal plus die vier buitenste buite-ruimtelike vlakke. Die enorme uitgestrektheid van die buite ruimtelike vlakke word georganiseer vir toekomstige bewoning.

Ongekwalifiseerde (Onbeperkte; Algehele, Volslae) [Unqualified] werklikheid is heeltemal onbeskryfbaar. Niks kan daaromtrent gesê word nie, want sodra jy dit beskryf, het jy dit gekwalifiseer.

Urantia is die naam van ons planeet (Aarde) op die heelal registers. Urantia is merkwaardig, sover dit bewoonde plante aanbetref, vir ’n hele aantal redes. Dit is ’n desimale planeet (die terrein vir pogings met lewe-eksperimentering), dit het ’n abnormale bekendstelling gehad van die Sangik rasse, dit was in ’n warboel gewerp deur die Lucifer Opstand en die Caligastia oorlopery, en was verder gekortwiek deur die Adamiese versuim, en uiteindelike grootliks geseën en verlig deur die selfskenking van Migael, ons heelal soewerein, wat op Urantia geïnkarneer het as Jesus van Nasaret.

Urantia Boek: Die 196 verhandelinge van Die Urantia Boek konstitueer die vyfde epogale openbaring vir ons planeet. Geskryf deur bomenslike wesens, was dit voltooi in 1936 en gepubliseer in 1955 deur Urantia Stigting. Die 2,097 bladsye daarvan is verdeel in vier dele: Die Sentrale en Superheelalle, die Plaaslike Heelal, die Geskiedenis van Urantia, en die Lewe en lering van Jesus. 400,000 boeke is versprei en dit is vertaal in Frans, Spaans, Russies, Nederlands en Fins. Daar was besluit dat daar geen publisiteit sou plaasvind totdat duisende studiegroepe gevorm is.

Uversa is die hoofwêreld van Orvonton, die sewende superheelal, en die laaste plek wat deur ons besoek word in ons opgaande loopbaan voordat ons voortgaan na die ewige sentrale heelal. Dit is vanaf Uversa dat die Oues van Dae die verskaffing van die vyfde epogale
openbaring aan Urantia goedgekeur het..

Make a Free Website with Yola.